|
Erfenis
|
|
|
INDEX 2. Sabel - Tjaart van der Walt
Die oorspronklike opstal op Grootfontein, Middelburg oos
Kaap.
Die jongste seun van die stamvader het alreeds in 1798 op die plaas gewoon. Die eerste amptelike registrasie het eers in 1836 plaas gevind toe dit aan die twee broers Nicolaas (b8c6) en Hendrik Tjaart Jacobus (b8c11), albei die seuns van Nicolaas (b8) as erfpaggrond toegeken is. Hulle het egter lank voor die datum op die plaas gewoon, want die oorspronklike plaas wat nou as museum dien, is al in 1827 opgerig. Die plaas was toe byna 3800 hektaar groot, teenoor sy huidige grootte van 11418 hektaar. Maar dis nie net die Van der Walts wat verbintenis met die plaas het nie. Ook die Vorsters het 'n reuse aandeel daarin gehad. Van die eerste nasate die Van der Walt-bewoners van Grootfontein was met Vorsters getroud, en so ook weer van hulle kinders. Die plaas het in die laaste twee of drie dekades van die vorige eeu aan die Vorsters nehoort. Verder kom die familiename van die Krugers en die Duvenages ook in noue verband met Grootfontein voor. Ook 'n Du Plessis-familie het een hoekie bewoon. Bron: Nuusbrief argief
Die familiekerkhof
Die gedenkkapel in die kerkhof
2. DIE SABEL VAN KOMMANDANT TJAART VAN DER WALT
Tydperk 1700 tot vroeë 1800.
Die Kalverie-sabel se totale lengte (handgreep ingesluit) is 95cm lank, en die lem alleen is 83cm lank en 3.5cm wyd. Die rugkant van die lem is 0.5cm breed. Hoewel die sabel geroes is, verkies die museum om dit so te los aangesien slegs 'n spesialis die item korrek kan restoureer. Dit skep egter die probleem dat moontlike identifikasie nie verder moontlik is nie, aangesien enige inskripsies onsigbaar kan raak.
Bron: Geskiedenis Depatement Bloemfontein Museum.
|