Familiewapen - Coat of Arms


Home ] [ Familiewapen - Coat of Arms ] Boeke - Books ] Wie is ons? - Contact us ] Nuusbriewe - News letters ] Verhale uit die verlede ] Erfenis ] Sport held ]

 

Home
Familiewapen - Coat of Arms
Boeke - Books
Wie is ons? - Contact us
Nuusbriewe - News letters
Verhale uit die verlede
Erfenis
Sport held

Geregistreerde Familiewapen




Registered Coat of Arms

 

Familiewapen soos algemeen in gebruik




Coat of Arms in everyday use.

 

 

English at bottom of page.

 

Die blasoneering (beskrywing van die wapen lui soos volg:

Verdeel: regs (van AGTER die skild gekyk) ʼn halwe Friese adelaar (wat natuurlik altyd swart is) (op ʼn 

oranje agtergrond), links in blou ʼn Fleur-de-lis in goud, en ʼn skildhoof gedeel van die een in die ander 

(die skildhoof is dus regs blou en links oranje)

Hierdie wapen vorm dus nou die basis van ʼn Van der Walt-wapen.

Die van der Walt wapen soos vertoon op die webblad is in die naam van die van der Walt Bond geregistreer

 as ʼn organisasie. Persone wat die wapen graag wil vertoon is welkom, solank dit vir persoonlike doeleindes is.

 ʼn Individu kan miskien byvoorbeeld ʼn helmet, louriere en simbole bysit as hulle dit wil personifieer. Dit is egter

 logies dat dit dan ʼn nuwe ontwerp sal wees en dat dit geregistreer moet word by die Buro van Heraldiek.

 

Betekenis van die simbole

Die halwe adelaar verteenwoordig die adelaar wat op die Friesiese nasionale wapen verskyn.

Die fleur-de-lis verteenwoordig die stammoeder, Johanna Weyers se land van herkoms (Frankryk) ten tye

 van die registrasie van die wapen. Navorsing wat gedoen was daarna het aan die lig gebring dat sy nie van Franse

 afkoms was nie maar moontlik van Batavia.

Die blou en oranje agtergronde weerspieël van die kleure op die vlag van die VOC. Daar is twee variasies van

 die wapen soos getoon op die webwerf. Al twee is aanvaarbaar. Die koste verbonde aan die druk van ʼn ekstra

 kleur (oranje) het heelmoontlik veroorsaak dat die wapen met oorheersend geel en blou die mees algemene een

 in gebruik is.

Inleiding

Die word “Familiewapen” is gewoonlik misleidende.

Familiewapens word geregistreer deur ʼn individu en nie ʼn familie nie. Mense met dieselfde van en ook a

fstammelinge van die stamvader het geen kleim op so ʼn wapen nie.

Na die Middeleeue het die heersende families in die dorpe die reg gehad om kontrakte te sluit met ander of

  instansies. Aangesien handtekeninge eers in gebruik gekom het in die sestiende eeu het die adel hulle 

familiewapen in die vorm van ʼn seel op die kontrak af gedruk om dit te bekragtig. Die handelsdrywers wat

 egter geen familiewapen besit het nie, het ʼn handelsmerk gebruik, omkring deur sy naam. Dit het egter nie 

lang geneem nie of hulle het dit op ʼn skild gewys en dit daar deur geheraldiseer om sodoende hulle status te

  verhoog.

Die feit is dat die meeste van ons voorvaders was boere, soldate en arbeiders en het dus nooit nodig gehad 

om in kontrak te verbind nie. Dit is dan ook waar dat Gaele van der Walt se voorouers boere was in Friesland

 en dat daar dus geen familiewapen bestaan het vir die van nie.

Die oorerflikheid van die wapen

Dit is ʼn grondbeginsel van wapenvoering dat wapens in die direkte lyn van geslag na geslag oorgeërf word.

 Slegs diegene wat bewys kan lewer dat hulle direkte afstammeling is van die persoon kan aanspraak maak

 op so ʼn geregistreerde wapen.

Belangstelling in die heraldiek

Oor die afgelope eeu was daar ʼn besliste herlewing van belangstelling in heraldiek en het baie mense opnuut 

na ʼn egte “familiewapen” gesoek, maar dikwels tevergeefs. In stede daarvan dat bestaande argiefbronne 

behoorlik geraadpleeg was, het baie mense verkies om ʼn makliker pad in te slaan. In vele gevalle is net ʼn 

gedrukte heraldiese versamelwerk oopgeslaan en is enige wapen wat daar toevallig met dieselfde van 

vermeld staan, sonder veel, indien enige, bedenkinge oorgeneem. Die feit dat baie van ons Suid-Afrikaanse

 stamvaders maar gewone boere, soldate of ambagsmanne was en nie ʼn behoefte om wapens te voer gehad

 het nie, het die posisie vererger. In Suid-Afrika was dit veral die Nederlander J.B. Rietstap se Armorial General

 wat as bron vir hierdie wapenoornamens gedien het. Hierdie wapenoornames het sy hoogtepunt bereik in 

die reeks genealogiese artikels wat in die uitgawe van ‘Die Brandwag’ in 1944 gepubliseer was. So ʼn 

bekendheid het hulle verwerf, dat ʼn klein nywerheid ontstaan het om hierdie nuwe “familiewapens” in kleur te

 druk of om op borde en ander voorwerpe af te beeld en aan die publiek te verkoop. Hierdie onbewese 

wapens kan mens vandag amper in elke huis in Suid-Afrika raakloop.

Valse familiewapens

Daar is besighede  wat nog steeds hierdie vals familiewapens gepaardgaande met verkeerde genealogiese

data aan die publiek verkoop. In die vroeë sewentiger jare het die sogenaamde ‘van der Walt’ wapen in

 uitgedrukte koper verskyn onder die dekmantel dat dit die oorspronklike wapen is. Die bond het in daardie

 jare die Nederlandse Rijsargief gekontak en navele gesoek kon geen wapen vir die van opgespoor word nie.

 Die afdruk wat verkoop was aan baie vangenote was vir die familie met die van Walta. Dus ʼn algehele

 vervalsing. Vandag nog is daar Amerikaanse organisasie wat verkeerde genealogiese inligting oor die internet

 verkoop onder die naam “World book of the Vanderwalts”. Van genote moet verkieslik die bond kontak vir

 die korrekte geregistreerde inligting om teleurstelling en onnodige koste te vermy.

Sedert Junie 1963 bied die Heraldiekwet egter regsbeskerming vir geregistreerde wapens en dit is sedert

 1980 ʼn oortreding van die Wet om ʼn “familiewapen” te “verskaf”, tensy die verskaffer oor ʼn sertifikaat van

 egtheid, uitgereik deur die Staatsheraldikus, beskik.

Hierdie verbod sluit o.a. ook in die verkoop van items soos gedrukte of geskilderde wapens, rekenaaruitdrukke

  daarvan, glas of kristalware waarop wapens gegraveer is, wapens in hout uitgekerf, wapens van

 gebrandskilderde glas, ens.

Oorspronklike familiewapen

Die ontwerp van ʼn nuwe familiewapen moet aan streng reëls voldoen. Net primêre kleure, basiese skild

 vorms en erkende simbole mag gebruik word. Die Buro van heraldiek in Pretoria beskik oor die vermoee

 om die wapen te ontwerp en te registreer  vir voornemende applikante.

 

 

Valse van der Walt wapen.
False coat of Arms

English

Meaning of the symbols

The half eagle represents the Friesian eagle which appears on their national coat of arms.

The Fleur-de-lis represents France, Johanna Weyers’s country of origin at the time of registration. 

Research done at a latter stage on her back ground revealed that her family was not from France but

 possibly from Batavia.

 

Colour representation

The Friesian eagle and the Fleur-de-lis are shown in their original colours.

The blue and the orange back ground on the shield reflects some of the colours of the VOC’s 


(VereenigdeG’octroijeerde Oost-Indische Compagnie) flag.

There are two variations of coat of arms shown on the web site. Both colour variations are exceptable.

 Printing cost was probably the reason for using the design without any orange. This design is most commonly

 used by the ‘Bond’.

 

The history of the Family crest

Family crests/coats-of-arms are often misunderstood

Few families world wide have one to which all members are entitled to. People with the same surnames or 

descends from the same progenitor, does not mean entitlement.

The van der Walt coat of arms shown on the web site is register in the name of the ‘van der Walt Bond’ as

 an organization. Persons carrying the surname are welcome to display it in their homes, but are not allowed

 to use it for commercial purposes. If an individual wants to add a helmet and other symbols it will obviously 

become a new design and must therefore be registered at the Buro of Heraldry. In other words, the design

 can be used as a basis to add new features for new registration.

After the Middle Ages, members of the ruling families in the towns could enter into contracts and had to seal

 their deeds because, till well into the sixteenth century, signatures were seldom used. He who belongs to an

 old family put his arms on the seal, and those who had no arms first used simple merchant’s marks, 

surrounded by their name, for the same purpose. The ordinary citizens, who had first used merchant’s marks, 

usually ‘heraldized’ them soon afterwards, by placing them on a shield.

The fact is that most of our South African forefathers were only farmers, soldiers and tradesmen and never

 had the need to enter into contract. This is also true for Gaele van der Walt’s forbearers in Friesland and 

had therefore no family crest or coat of arms.

 

Heraldic award

One of the most important ground rules is that a coat of arms can be inherited by the eldest son on the

 father’s side. Only the direct descendent can claim, with proof, the use of such a coat of arms and not all 

those that carry the surname or other family members. It is granted to a person or organization and NOT 

to a family as most believe.

 

Interest in heraldry

A renewed interest developed in South Africa in the first half of the last century. It was mostly the works 

of the Dutchman J.B. Rietstap, entitled ‘Armorial General’ which serves as a source for coat of arms. No

 proper research was done at that time to ensure that the designs actually match the relevant surnames. This 

practise reached its peak in 1944 when articles of coat of arms and genealogy data started to appear in the

 magazine, ‘Die Brandwag’. The popularity under the South Africans was so great that a small industry was

 born out of this. Colour prints, copper artwork and printing on objects can still be found in many homes today.

 

False coat of arms and family trees

Small enterprises still exist today which sell this fake coat of arms accompanied with printed page of mostly

 out of date and sometimes incorrect genealogy data. In our quest to learn more about our family heritage,

 it is advisable to contact the ‘van der Walt family bond’ or a reputable and recognized researcher.

In the early seventies a van der Walt coat of arms, in embossed copper artwork appeared on the market 

claiming that it was the original design. The van der Walt Bond at the time, contacted the ‘Nederlandse

 Rijksargief’ and discover that the coat of arms was registered to a member of the family name ‘Walta’.

Another misleading source is from an American based company selling a so called ‘World book of the

 Vanderwalts’ which is a total fraudulent publication.

 

The law and coat of arms

The law on Heraldry in South Africa offer protection since June 1963 to all registered coat of arms and

 it is an offence since 1980 to supply a coat of arms to anyone unless a valid certificate, issued by the 

Buro of Heraldry is in the possession of the supplier.

Buying artwork and data at flea markets and other curious outlets must be avoided at all cost unless such

 a certificate can be shown.

 

To design a new coat of arms

A family crest or coat of arms must adhere to strict rules in the designing process. Only primary colours,

 basic shield and recognized symbols must be used. The Buro of Heraldry in Pretoria, have the facility to

 undertake the design and the registering of new coat of arms on behalf of the applicant.

 

Bronne:

1.  Die familie Van der Walt in Suid Afrika, opgestel deur C.M. van der Walt,

 
      E.J van der Walt en T.S.P. van der Walt, Raad van Geesteswetenskaplike Navorsing, 1989.
 

2.   Buro van Heraldiek.