Die Kaap van Goede Hoop van die 17de en 18de eeu (Deel1)

‘n Kultuur-historiese agtergrond geskiedenis rondom 1727, die jaar van die stamvader se aankoms.
Versamel en geboekstaaf deur dr Ernst van der Walt

Die Nederlandse predikant ds Francois Valentyn wat die Kaap ‘n aantal kere aan die einde van die 1600’s en begin 1700’s besoek het maak die stelling dat die Engelse en die Franse die Kaap voor die Hollanders ontdek het. Francois Valentyn–Beschrijvinge van de Kaap der Goede Hoope met de Zaaken daar toe behoorende Amsterdam 1726; Van Riebeeck Vereniging 1973 Deel II p 146

In 1595 het die eerste Hollandse skip ‘n besoek aan die Kaap gebring. Valentyn aw Deel II p 148

In 1710 was die bevolking aan die Kaap nog baie klein. Valentyn gee die volgende statistieke van die inwoners: 656 burgers, 339 vroue, 458 seuns, 470 dogters, 1 294 volwasse slawe, 99 slawe seuns, 122 slawe dogters. In total ‘n bevolking van 3 588.
Valentyn se totaal is 3 698 immigrante. Francois Valentyn aw Deel II p 238

In 1685 vind Valentyn dat die Kaapse geboue redelik verbeter het sedert sy vorige besoek. Die Kompanje se tuin by die Kasteel is volgens hom baie netjies en mooier as enige tuin wat hy al gesien het. Valentyn aw Deel II p278
Volgens Theal was daar in 1711 170 privaat woonhuise behalwe die VOC geboue indie Kaap. GM Theal aw II p474

In 1710 gee Valentyn die statistiek van die slawebevolking as volg weer: Mans 127, vroue 183 en kinders 130 met ‘n total van 440 koppe. Valentyn aw Deel II p 242

TheysNGkerkBl2
                                        'n Tekening deur Conrad Theys van die Ned Geref Gemeente Kaapstad 1704 - 1779

Die huise en geboue aan die Kaap het sedert my besoek in 1695 merkwaardig verander. Daar is 3 huise wat in die Amsterdam styl gebou is met 'n pragtige grondvloer verdieping. Die vroeere huis van Koopman en ander is nou alledaagsegeboue . Valentyn aw p88 Die pragtige Koopmans de Wet gebou is vandag (2013) ‘n gewilde toeriste besoekpunt in Strandstaat 35, Kaapstad.
Valentyn gee 'n volledige beskrywing van die Nederduitse Gereformeerde kerkgebou. Hy beskryf die gebou as 'een zeer fraai gebouw' .... vir die bedrag van ongeveer R11 000 riksdaalers gebou. Dit is amper 'n agtkantige gebou ongeveer 7 tot 10 meter hoog met gewels aan die noorde en suidekant. Op 6 Januarie 1704 word die kerkgebou in gebruik geneem. Valentyn aw p88
Die Soutrivier naby die Fort blyk nie baie diep te wees nie met leeus en tiere in die omgewing. Francois Valentyn aw Deel II p278 In 1695 woon die goewerneur in Ronde Boscje, 'n plantasie met 'n huis wat aan die Kompanje behoort. Valentyn en die skipper saam met ander ry te perd na Ronde Boschje waar hulle die goewerneur in goeie gesondheid aantref. Valentyn aw VII p 278

‘n Aantal interessante datums
Op 27 Desember 1711 sterf goewerneur Louis van Assenberg die persoon na wie die VOC skip Huis te Assenburg vernoem is. Op 2 Januarie 1712 word hy in die Ned Geref Gemeente Kaapstad se kerkgebou begrawe. Valentyn aw Deel II p 90 Hy was goewerneur vanaf 1708 tot 1711. Valentyn aw Deel II p 174

In 1721 sterf die waarnemende goewerneur Johannes Cornelis D’Aiblang.

In 1722 word die opstal van Groot Constantia gebou.

Op 14 Februarie 1724 het ‘n ekspedisie die Kaap verlaat om die ooskus te besoek. Die groep bereik Delagoabaai en bou ‘n fort. ‘n Groep Engelse seerowers val die groep aan en beroof hulle.

Op 8 September 1724 word Jan de la Fontaine waarnemende goewerneur van die
Kaap. Ook in 1724 sterf die Sweedse ontdekkingsreisiger na Namakwaland, Olof Bergh, op 81 jarige ouderdom in die Kaap.

Op 25 Februarie 1727 word Pieter Gijsbert van Noodt die goewerneur van die
Kaap. In 1727 sterf goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes in die Kaap.

Op 16 Maart 1727 arriveer Geele Andries aanboord van die Huis te Assenburg aan

die Kaap.31

Op 23 April 1728 sterf goewerneur Pieter Gysbert van Noodt op 48 jarige ouderdom

skielik aan ‘n hartaanval terwyl vier soldate wat gedros het tereggestel word.

‘n Grusame verhaal
Madelein Barnard vertel die volgende verhaal van goewerneur Pieter Gijsbert van Noodt: Goewerneur van Noodt was een van die wreedste despote wat in bevel was aan die Kaap. Hy het ‘n reputasie gehad as ‘n wrede en ‘n onmenslike persoon.
Tydens sy regering het soldate ‘n karige soldy ontvang en het meermale hongergaan slaap. Madelein Barnard – Cape Town Stories
Valentyn gee ‘n aanduiding van die vergoeding van afgetrede soldate: ‘n Luitenant 10 riksdalers, ‘n vaandrager 8 Rders, ‘n sersant 6 Rders, ‘n korporaal 4 Rders en ‘n gewone soldaat 3 Rders per maand. Valentyn aw II p 218
Veertien soldate het besluit om te dros met die doel om langs die kus ‘n skip te probeer vind om hulle terug te neem na Europa. Een van die veertien het sy makkers weggegee en hulle is almal gearresteer. Van Noodt het besluit dat hulle met hulle lewens moes boet vir die verraad. Die Politieke raad het probeer wal gooi, maar Van Noodt het voet by stuk gehou. Uiteindelik het tien van die soldate lyfstraf ontvang en is tronk toe gestuur. Vier van die soldate is egter ter dood veroordeel .
Een oggend vroeg is hulle van die donker gat in die kasteel na die goewerneur se woning gemarseer waar hulle vonnis hardop aan hulle voorgelees is. Hulle is daarvandaan na die ‘Justitie plaats’ in Buitekantstraat vir die teregstelling. Net voor die laaste man gehang is het hy met ‘n harde stem uitgeroep:’Goewerneur van Noodt, ek daag jou uit voor die oordeel van die Almagtige God om rekenskap te gee van my siel en die van my vriende!’ Met die woorde stap hy vorentoe op die platform van die galg en sterf.
Nadat die vier manne gehang is het lede van die Politieke Raad na die goewerneur se huis gestap om die teregstelling aan hom te rapporteer. Die goewerneur was nêrens te vinde nie. Uiteindelik kry hulle hom in sy somerhuis in die Kompanje Tuin waar hy in ‘n stoel sit. Hulle stap nader en begin met hom te praat, maar hy antwoord nie. Uiteindelik sien hulle sy gesig en gesigsuitdrukking. Hy was morsdood met ‘n duidelike uitdrukking van vrees op sy gesig. Hy het aan sy hart beswyk. Die goewerneur was geregtig op ‘n begrafnis met al die prag en serimonie wat by sy posisie pas. En wat ‘n begrafnis was dit nie! Sy kis was van ‘n Indiese kiaathout wat deur ‘n groep VOC amptenare gedra is. ‘n Hele garnisoen met tromme en baniere het ‘n plegtige bydrae tot die geleentheid gelewer. Langs die strate het mense van alle etnisiteite en agtergronde met groot belangstelling na die plegtige begrafnisstoet oppad na die Groote Kerk kom kyk. Geweersalute en vlae wat halfmas hang ter ere van die goewerneur en sy begrafnis. In die kerk was die vooraanstaandes van die Kaap. ‘n Duitser met die naam Rudolf Siegfried Aleman het die Kaap dikwels besoek. Sy biograaf OF Mentzel maak ‘n vreemde stelling. Volgens die geskiedenisboeke is Van Noodt in die Groote Kerkgebou begrawe. OF Mentzel beweer dat daar slegs ‘n paar sandsakke in die kis was. Kort na sy dood het die
goewerneur se raadslede aan die kasteel se timmerman opdrag gegee om ‘n omruiling te doen. Om middernag is ‘n groepie slawe met die kis waarin die liggaam van Van Noodt was na ‘n onbekende plek na ‘n ongemerkte graf om sy kis daar te begrawe. Die slawe is die dood voor oë gehou en moes die begrawing geheim hou. Of dit die waarheid is sal niemand weet nie.
Aleman het die goewerneur verafsku en by implikasie so ook sy biograaf. Die verhaal lui dat Aleman ‘n gedig gemaak het: ‘Noodt is dood, Nu is er geen nood!’
Madelein Barnard – Cape Town Stories
http://books.google.co.za/books?id=tW3M_wz6pAAC&pg=PA34&lpg=PA34&dq=Governor+Gijsbert+van+Noodt&sour
ce=bl&ots=tdvQNPp-2o&sig=pnOPg_3Voh3wsr_W3M068-7Or0&
hl=en&sa=X&ei=O0tZUo2kFNCS7AbYnIGYAQ&sqi=2&ved=0CD0Q6AEwAg#v=onepage&q=Governor%20Gijsbert%2
0van%20Noodt&f=false

Op 28 April 1728 word Jan de la Fontaine weer aangestel as waarnemende goewerneur van die Kaap

Op 3 Julie 1728 dryf die wind die Middenmark op die rotse in Tafelbaai. Vyf en sewentig mense verdrink.
Years in South Africa for list of References. Categories: Decades in South Africa 18th century in South Africa 1720s in Africa Die Historiese Kaap enTafelbaai

In 1685 onderneem ds. Francois Valentyn van Nederland die eerste van ‘n aantal seereise na die Kaap.
Op 24 September arriveer hy aan Kaap de Goede Hoop. Tafelberg se kruin is met 'n klein wolkie bedek. Francois Valentyn – Beschrijvinge van de Kaap der Goede Hoope met de Zaaken daar toe behoorende Amsterdam 1726; Van Riebeeck Vereniging 1973 Deel II p270
Oos van Tafelberg is Windberg of Duivelsberg. Waarskynlik kry die berg sy naam van die sterk vallende wind deur die vallei tussen die twee berge. Aan die westekant is die die Leeuwenberg. Op die rug is 'n vlagpaal met 'n klein huisie. Wanneer 'n skip Tafelbaai nader word 'n vlag gehys en 'n kanonskoot afgevuur.
Wanneer die suidooste wind sterk waai kan die skuite wat die passasiers van die seilskepe in Tafelbaai na Rochebaay (Roggebaai) moet roei een tot twee uur teen die wind veg. Gedurende die tog waai die wind 'n sproeireen oor die passasiers sodat daar nie 'n kans is om droog te bly nie voordat hulle land nie. Francois Valentyn aw Deel II p270 Deel I p64

Op 17 Januarie 1722 het die Sampson en die Amstelveer met vol ladings goedere aan die suidkus van die Kaap gestrand. Dit was die begin van ‘n rampjaar vir Hollandse skepe in suidelike Afrika.

Op 17 Junie het ‘n stormwind begin waai wat etlike dae lank gewoed het. Die gevolg was dat tien skepe wat in Tafelbaai hawe voor anker gelê weggevee is. Al tien skepe het gesink en 660 mense het gesterwe.

Word vervolg