Die Kaap van Goede Hoop van die 17de en 18de eeu. (Deel 2)

'n Kultuur-historiese agtergrond geskiedenis rondom 1727,
die jaar van die Stamvader se aankoms.
Versamel en geboekstaaf deur dr Ernst van der Walt.


Op ds Francois Valentyn se reis van die Kanariese Eilande skrywe hy 'het ek geleer koolstronke te eet.
Kool was nooit deel van sy maaltyd in Holland nie! In die Kaap groei die kool groot en is smaaklik met oorvloed van goeie groente en vrugte. Francois Valentyn aw Deel II p272
In 1705 vertrek Valentyn op ‘n volgende reis na die Kaap in 'n vloot van 9 Oos-Indiese en 15 oorlogskepe tot by die straat van Gibraltar. Francois Valentyn aw Deel II p282
Op 26 Augustus sien ons die eerste Kaapse bont duiwe met wit en bruin spikkels.
Op 29 Augustus soos die vorige twee dae sien ons Malgas voels, 'n voël wat 'n aanduiding is dat ons naby die land is. Francois Valentyn aw Deel I p34
Vandag was my vingers so koud soos om ses uur soggens in die winter in Holland. 'n Myl van die land het die koue egter verdwyn. Die sigbare land was volgens die opperstuurman Saldanhabaai. Ons bereik die land om 7:30 met 14 mense wat gesterf het en 60 siekes aan boord! Francois Valentyn aw Deel I p38
Op Sondag 26 November 1713 seil die Francois Valentyn met sy vrou en twee dogters met die Engewormer uit Rotterdam.
Twee maande later op die middag van 30 Januarie 1714 wanneer hulle Tafelbaai binnevaar : omtrent 3 uur is die skip in gevaar by die Leeu se stert (waarskynlik in die omgewing van Grangerbaai na Moullipunt in die Kaap). Die seelui slaag daarin om die skip uit die gevaar te maneuver en so gooi hulle anker in Tafelbaai om 4 uur en gaan om 5 uur aan land.
Valentyn en sy gesin gaan by Burgerraadslid Hendrik Donker tuis vir verblyf vanaf 31 Januarie tot 11 April teen die koste van 327 riksdaalers en 28 stuivers. Die reiskoste was meer as 1200 riksdaalers. Francois Valentyn aw Deel I p286
Oorkant die kerkgebou van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente aan die westekant is die 'Ziekenhuis' wat Valentyn beskrywe as 'een fraai gebouw'. Diesiekehuis se gewel lyk baie na die gewel bokant die kerkdeur en is wit in die Kaapse styl. Bouwerk aan die siekehuis het in 1699 begin. Francois Valentyn aw Deel V p94
Valentyn verwys ook na die 'slaavenhuis' wat langs die Kompanjie se tuin geleë is. (Die gebou wat vandag aan die bopunt van Adderleystraat aan die noordekant van die parlement geleë is.) Francois Valentyn aw Deel II p270 V p100 Die VOC slawe is in die gebou gehuisves. VOC slawe mans 127 Vroue 183. Kinders 130. In totaal 440. Francois Valentyn aw Deel V p ......
Valentyn beskryf die Kompanje tuin as pragtig en gee my genot met besoeke aldaar. (Vandag aan die suiderpunt van Adderleystraat). Dit beslaan 19 morge en die lengte 1 115 tree en die breedte 293 tree. (Valentyn se tree). Valentyn aw p100.
Valentyn gee 'n baie volledige beskrywing met 'n watermeule en 'diepe waterleidingen' waarmee die water uit Tafelberg dwarsdeur die tuin begelei is. Valentyn aw p 102 Hy beskryf die verskillende soorte sierbome soos eike, lourier en populier. Asook vrugtebome lemoen, sitroen, suurlemoen, perskes, vye, appel, peer, pruim, piesang, appelkoos, kweper en granaat, olyf en druiwe.
Groente soos komkommers, blomkool, wortels, kropslaai en kool. Asook pietersielie, roosmaryn en ander kruie. Al die akkers is omring deur 2 - 3 meter heinings om die groente teen die suidooste wind te beskerm. Valentyn aw p 102 Verder is daar medisinale bome soos die Kaapse kamferboom en die kaneelboom van Ceylon. Valentyn aw p104 Valentyn gee 'n lys van die wetenskaplike name van die kruie in die tuin – tien bladsye lank. Valentyn aw p127
Alhoewel die skoonheid van die Kaap weergaloos is is daar ook probleme wat hanteer moet word. Wanneer die suidooste wind sterk en aanhoudend tier waai dit selfs sand en klippies op. Dit veroorsaak dat die Kaapse graan en meel vol sand is. Die bakkers in Batavia het dus eerder duurder meel sonder sand van elders verkies.
Die sterk suidooster wind wat soms dae aaneen waai is 'n groot hindernis. Nie net om aanboord van 'n skip te gaan nie, maar ook om buitenhuise verantwoordelikhede te behartig. Om te waag om jou neus by die deur uit te steek kan veroorsaak dat jou oë, gesig en mond vol sand waai. Francois Valentyn aw Deel II P217 Die wind waai sterk in die somermaande van September tot Maart. Valentyn aw p64.
Die suidoos waai soms in die oggend, maar kom meerendeels in die middag op. Hy vertel dat die wind by geleentheid vir 8 of 9 dae aanmekaar gewaai het. Francois Valentyn aw V p62
Valentyn vertel van 'n voorval waar hy en 'n jongman by geleentheid hulleself in 'n oop area in die Kaap bevind waar die suidoos teen stormsterkte gewaai het en hulle vir 'n tydlank moes skuil teen die wind om nie van hulle voete afgewaai te word nie. Francois Valentyn aw Deel V p62
Valentyn skrywe oor die klimaat en weersomstandighede: ‘Die nagte is soms ondraaglik warm. So ook die dae. 'n Mens kry soms die gevoel dat jy in Batavia is.’ In Maart 1713 breek 'n verskriklike pokke epidemie uit aan die Kaap. Passasierswat van Indie gereis het was siek aan pokke en het intussen herstel voordat hulle in die Kaap gearriveer het. Hulle klere is na slawelosie gestuur om gewas te word. Die vrou wat die klere gewas het was die eerste om siek te word. Van die totaal van ongeveer 570 slawe het 200 binne ses maande gesterf. Van die slawe het die epidemie na die Europeërs en die Hottentotte versprei. Verkeer in die strate is verbied. Selfs kinders het opgehou om te speel op buitenhuise oop ruimtes. Al die houtplanke was uitverkoop. Vanaf Julie is die dooies sonder houtkiste begrawe. Gedurende die aaklige wintermaande het 'n kwart van die Europese bevolking gesterf. Theal aw II p 475
Volgens die burger opgaafrolle van 1712 was daar 1 939 Europese mans, vroue en kinders aan die Kaap. Na die epidemie 1716 staan die getal op 1 697 koloniste. Theal aw II p476 Onder die Hottentotte was die slagting van die epidemie katastrofaal. Sekere krale en van die bekendste stamme in geheel is uitgewis. Theal aw II p 477
Die pokke-epidemie van 1713 was so erg dat vyf tot ses of meer mense uit elke huishouding gesterf het. Baie mense uit die armer gemeenskap het gesterf. Die meeste mense uit die gemeenskap was sonder doodskiste begrawe as gevolg van die skaarste aan hout in die Kaap. Die Hottentotte en slawe het by die honderde gesterf. Dit was 'n geweldige groot skade in die arbeidsmark. Valentyn aw p216
Theal beskrywe voorvalle sedert 1715 van Boesmans wat in Drakenstein en langs die Bergrivier en in die land van Waveren skade aan plase en boerdery veroorsaak het. Burger kommandos het die voorvalle opgevolg maar met resultate. Theal aw II p482
In 1714 tref fatale veesiekte skape en bokke. Die totale skaapbevolking daal met 56 000 skape. Op 2 Julie 1720 word die verkoop van lewende hawe aan buitelanders verbied. Vleis se prys daal tot sewe pennies per kiloram. Theal aw II p490
In 1723 het die prys van skape op veilings gewissel tussen 11 sjiellings en 1 pennie en 13 sjiellings en 4 pennies en osse £4 3s 4d elk. Die skaarste is vererger deur die uitbreek van bek-en-klouseer in 1723. Gevolglik is 'n nuwe verbod in 1723 geplaas op die verkoop van vars vleis of groente. Theal aw II p 491 Op 11 April 1713 is die oorlog met Frankryk beëindig by die vrede van Utrecht. Theal aw II p 492
Valentyn voorsien 'n lang woordelys (9 bladsye) en vertalings uit die taal van die
Hottentotte. Francois Valentyn aw Deel II p94
In 1725 is die salaris van die goewerneur 2400 gulden per jaar met ‘n kostoelaag van 900 gulden per jaar. Valentyn aw Deel II p270 V II p 250
Die salaris van die predikant is 120 gulden per maand met ‘n verlies van 25% plus kontant donasies wat deur die gemeente aangevul is.
Die koste van die afskeidsete aan retoervloot is 500 gulden.
Die hoeveelhede vee en kleinvee in die Kaap is die volgende: 131 630 skape, 7091 osse, 6 352 koeie, 3 572 Kalwers, 3 066 verse, VOC verse 288, 72 Persiese esels, 6 Persiese skape, 123 Hottentot skape, 823 kalwers, 15 ossewaens, 4 perdewaens, 1 Kar, Wynstokke 2.7m Francois Valentyn aw Deel II p 240
Volgens Theal was die inkomste uit wyn verkope aan die Kaap R16 000 per jaar Theal aw II p 479
Franse en Britse skepe het ook meermale in Tafelbaai vasgemeer Valentyn aw II p146

Word vervolg