Die Kaap van Goede Hoop van die 17de en 18de eeu. (Deel 3)

                                                               'n Kultuurhistoriese agtergrond geskiedenis rondom 1727,
                                                                             die jaar van die stamvader se aankoms.
                                                                    Versamel en geboekstaaf deur dr Ernst van der Walt.

Stellenbosch

Naas die geskiedenis van die Kaap rondom Tafelbaai staan die geskiedenis van Stellenbosch as ‘n groot werklikheid vir veral die Afrikaanssprekende genealoog wat sy voorgeslag wil verstaan en wil interpreter. In die een-en-twintigste eeu is Stellenbosch nog steeds ‘n mooi en gewaardeerde plattelandse dorp. Welliswaar baie groter as aan die begin van die 1700’s.

‘n Opsommende Tydlyn 1679-1900
• 1679 Kommandeur Simon van der Stel vestig Stellenbosch as nedersetting.
• 1686 Die eerste twee kerkraadslede van die gemeente word benoem en in Jan 1687 deur ds Overneij van Kaapstad bevestig.
• 1687 Op 19 Okt word die Ou Kerkgebou laer af in die straat wat vandag Kerkstraat heet, ingewy – inderdaad die eerste volwaardige
   kerkgebou in Suid-
Afrika.
• 1700 Die eerste voltydse predikant, Hercueles van Loon ,word bevestig.
• 1710 ‘n Brand vernietig die eerste kerk, die Drostdy en twaalf dorpshuise.
• 1719 Hoeksteenlegging van die Kruiskerk op die huidige perseel, oos van die dorp en bokant die wind en brandgevaar.
• 1722 Die eerste tien grafpersele in die onvoltooide kerk word verkoop. Ongeveer 100 grafte is uitgemeet, maar volgens die graflyste is
   ongeveer 500 mense uiteindelik
hier begrawe.
• 1723 Die Kruiskerk word in gebruik geneem.
• 1801 Eerste grafkelder buite die kerkgebou aan die Van der Riet-familie toegeken.
• 1807 ‘n Konsistorie word aangebou aan die kerkgebou se oosgewel.
• 1814 Die kerkgebou word vergroot deur die verlenging van die noord, suid- en wesvleuels en die voorkant kry ‘n klassistiese gewel.
• 1863 Inwyding van die huidige Neo-Gotiese Toringkerk. Die argitek is Car Otto Hager van Dresden.

http://www.moederkerk.co.za/wie-is-ons/geskiedenis/

Die oude heer Van der Stel het in 1680 die kolonie van Stellenbosch gestig met 80 huisgesinne wat sedertdien gegroei het. Valentyn aw II p138
In die omgewing van 1690 skrywe Valentyn tydens een van sy besoeke: Die dorp Stellenbosch is nie groot nie. Daar is maar slegs 13 of 14 huise naby die kerk met baie enkelhuise verderaan en plase 1 of 2 myl uitmekaar. Francois Valentyn aw Deel I P140

In 1711 was daar volgens Valentyn omtrent 550 burgers in Stellenbosch, Drakenstein en Hottentots-Holland. Francois Valentyn aw Deel II p140

KolonieKaartBL9
In 1759 skryf ‘n reisiger oor die mooi dorpie, Stellenbosch, met sy twee groot lanings, wat ses uur te perd van Kaapstad geleë is. Daar was toe dertig huise en ‘n kerk. Hermann Giliomee – ‘Nog altyd hier gewees’ Die Storie van ‘n Stellenbosse gemeenskap (2007)p 56
Teen 1775 was daar veertig tot vyftig huise. In 1811 vertel ‘n reisiger dat daar honderd witgepleisterde huise is. Hermann Giliomee – aw p 56
Hierdie aanhalings bied ‘n duidelike beeld van die grootte van die historiese Stellenbosch. Die Eersterivier met sy kabbelende waters wat deur Stellenbosch vloei gee aan die dorp ‘n besondere karakter en atmosfeer. Die rivier het vroeë ‘n eiland gevorm ‘Hierdie eiland’ waar rondom die historiese Eersterivier gevloei het was in Vander Stel se woorde “rondsom met versch water oorstroom” en met “schooner hooge boome beplant.” Voorheen was die pragtige plekkie bekend as Wildebos, maar Van der stel het dit Stellenbosch gegenoem en plase aan vryburgers uitgegee aan weerskante van die rivier se vallei '.
Toe Van der Stel in 1685 weer Stellenbosch besoek, was hy vergesel van ‘n hoë amptenaar, Hendrik van Reede tot Drakenstein, 'n kommissaris-generaal van die Kompanjie. Dit wasVan Reede wat beveel het dat 'n dorpie gestig moet word. Daar moes 'n drosdy opgerig word, wat sou dien as "geregtshuys" en as die woning van die landdros, 'n amptenaar wat die regering se gesag in die distrik sou
verteenwoordig. Hier sou hy saam met burgers wat as heemrade aangewys is,vergader om die sake van die dorpie en die nuwe distrik, wat allrci irs Stellenbosch bekend sou staan, te bestuur.
Daar is verder beveel dat tussen die plek waar die kerk gebou sou word en en die rivier geen landerye uitgegee moet word nie. Hier kon die huise kom van die predikant, skoolmeester, koster en wamaker. Die gebied wat uitgehou is, is die blok wat vandag begrens word deur Pleinstraat, Kerkstraat, van Ryneveld- straat en Andringastraat. Dit is die ou middedorp, die hart van "historiese Stellenbosch".
Toe die dorpie in 1685 gestig is, was daar reeds 'n hele kring plase om die eilandjie. Verskeie van die name wat destyds aan die plase gegee is, Ieef vandag nog voort - Mostertsdrift, Coetzenburg, Welgevallen, Voorgelegen, Doornbosch, Libertas, Vredenburg, Welmoed en Blaauwklippen. Reeds in 1683 het die 40 plase in die omgewing van die dorp meer as drieduisend mud koring geproduseer, amper twee
keer soveel as die produksie van die plase in Tafelbaai se omgewing.
Soos ons sal sien, was sommige van die plase in die Jonkershoekvallei in die hande van vryswartes. Die term vryswart slaan nie in die eerste plek op kleur nie (baie van die vryswartes was lig van kleur, meestal bruin in vandag sc terme), maar op vryheid. Daar het 'n spesiale wetlike proses bestaan, manumissie genoem, waarvolgens die slawe-eienaar afstand doen van sy eienaarskap en 'n geldelike waarborg gee dat die slaaf wat hy wou vrystel nie 'n las vir die samelewing sal word nie. Wetlik het die vryswartes dieselfde regte as die burgers gehad, ook die reg om grond te ontvang, eiendom te besit, gedinge in die hof aanhangig te maak en huwelike te sluit." Hermann Giliomee – aw p 2 - 4

Word vervolg