Die Kaap van Goede Hoop van die 17de en 18de eeu (Slot)

                           'n Kultuur - historiese agtergrond geskiedenis rondom 1727, die jaar van die stamvader se aankoms.
                                                             Versamel en geboekstaaf deur Dr. Ernst van der Walt

‘Een van die belangrikste maatskaplike faktore in die vroeë geskiedenis van die
nedersetting in die Kaap was die tekort aan vrygebore Europese vroue. In 1690 was daar in die vryburgerbevolking van die distrik Stellenbosch 2.8 mans vir elke vrou, en in 1770 was dit nog steeds twee keer soveel mans as vrouens, wat beteken dat baie burgers nie met ‘n vrou van Europese afkoms kon trou nie. ’ Hermann Giliomee – aw p 11

‘Ongeveer ‘n vyfde van die huwelike wat tussen 1657 en 1687 in die kolonie gesluit is, was tussen Europe in die kolonie gesluit is, was tussen Europeërs en voormalige slavinne. Hierdie vroue was gewoonlik van die Ooste afkomstig.’ Hermann Giliomee - aw p 12

‘Van vroeg in die 1700’s begin daar ‘n patroon ontstaan dat gemengde huwelike in die distrik Stellenbosch al hoe minder word. In die loop van die agtiende eeu het die toonaangewende burgers en amptenare huwelikke en saamwonery van burgers en vryswartes afgekeur.’ Hermann Giliomee – awp 22

‘Heel moontlik het die teenstand teen sulke huwelikke daarmee te doen gehad dat daar nou baie meer Europese vroue aan die Kaap was.’ Hermann Giliomee – aw p 22

OuHuisBL12
Die oudste bewaarde huis in Suid-Afrika, die Schreuder huis (geleë in Andringastraat) is in 1709 gebou en was deel van die die Stellenbosse dorpie van die middel 1700’s toe Geele Andriesz in die huwelik bevestig is op 16 November 1742 met sy bruid Johanna Weyers in die Nederduitse Gereformeerde Kerkgebou van Stellenbosch (geleë aan die oostekant van Kerkstraat) wat ook deel gevorm het van die gebouekompleks in die klein dorpie van die tyd. Wikipedia Johanna Weyers se ouma Catharina van Malabar (in Indië) was ‘n vrygestelde slaaf. Catharina van Malabar is in 1686 op die ouderdom van 31 vir die prys 35 Rixdollars gekoop deur Abraham Hartog ‘n VOC werknemer Van Tafelvallei.
Robert C H Shell - Transporten en Scheepenenis kennis:’n Databasis van slawe aan die Kaap 1659 – 1730 Inskrywing #515


In Stellenbosch is daar 'n Burger en Heemraad wat in die landdros se huis vergader en waarvan die landdros die voorsitter is. (Die Kweekskool gebou was tevore die Drostdy). Die drostdy en 'n aantal huise het in 1710 afgebrand. Gedurende die afgelope vier jaar is is 'n aantal mooi huise op Stellenbosch gebou. In 1714 is daar nog geen kerkgebou of 'n gebou waar die heemraad kan vergader gebou nie. Francois Valentyn aw Deel II P138

KerkStellenboschBL13
Valentyn skrywe:"'n Mens bereik die dorp deur 'n klipperige, steil en ongemaklike pad waarvoor 'n wa met 5 of 6 osse nodig is. Hy kla daaroor dat dit oppad verskriklik warm is. Hy verwys na olifante in die omgewing.

Die reis van die Kaap na Vergelegen (in die distrik van Somerset-Wes) met 'n koets en ses perde duur 6 uur. Francois Valentyn aw Deel II p150 Die Franse vlugtelinge wat in die Kaap gearriveer het was arm en armoedige boere. Hulle het 60 morge land ontvang asook twee stelle osse van ses elk, 'n wa, 'n ploeg, saad en alles wat landbou vereis. Dit was 'n lening wat in die loop van 3 tot 4 jaar terubetaal moes word aan die VOC. In die tyd het boere nie belasting aan die goewerment betaal nie. Die meeste plase het steenhuise gehad wat pragtige opstalle geword het. Francois Valentyn aw Deel II p 186

Die burgerraadslid Henning Huising wat aanvanklik 'n vark- of skaapwagter was het uiteindelik oor verskeie plaasopstalle beskik. Op sy uitstaande plaas, Meerlust, is verskeie goeie huise met 'n kapitaal van 100 000 riksdaalers waaroor hy beskik. In 1706 en later in 1714 is die waarde van 'n leger wyn 40 riksdaalers. Die VOC betaal 25 riksdaalers vir 'n leger wyn.

Die VOC skeepvaart het ‘n nuwe vaderland met wonderlike natuurskoon en ‘n merkwaardige klimaat help oopmaak vir ‘n geslag wat dit nie as van selfsprekend kan aanvaar nie. Suid-Afrika met sy wonderskone natuur en sy heerlike genotvolle klimaat is nie ‘n vanselfsprekendheid nie. Dit is ‘n grootse voorreg om hier te mag woon, werk en te ontspan. Die ontwikkeling en opbou van ons land het groot offers gevra van almal wat dit sy of haar tuiste gemaak het. Dit is belangrik om die lang verhaal van Suid-Afrika te ken en te waardeer. In die gees lê ons ‘n krans by ‘n onbekende graf van ‘n man of ‘n vrou wat voorgeloop op die pionierspad en die erfenis vir ons nagelaat het. Die heerlikheid van ons erfenis is kosbaar,! Dit het waarskynlik baie meer gevra as wat die argiewe, biblioteke en nagelate verhale instaat is om te kan vertel. Die bietjie wat ons agtergekom het dwing ons om ons voorgangers se nagedagtenis met erkentlikheid en dankbaarheid te eer.

Bibliografie

Dan Sleigh – Die Buiteposte: VOC , Buiteposte onder Kaapse Bestuur 1642 – 1795(1987)

Hermann Giliomee – ‘Nog altyd hier gewees’ Die Storie van ‘n Stellenbosse gemeenskap(2007)

George McCall Theal: History of South Africa (5 volumes 1889-1900)


Francois Valentyn: Beschrijvinge van de Kaap der Goede Hoope met de zaaken daar
toe behoorende. Amsterdam 1726 Uitgegee deur Van Riebeeck Vereniging 1973

Vogel JW - Zehb jarige Ost-Indiese Reise Beschreibung. Altenburg 1716 Silleman D en Thysz L - Ongeluckig of Droevigh verhaal van 'schip de Goude Buys ... Utrecht 1708. Amsterdam 1718

Ernst van der Walt
Vermont
9 November 2013