Verhale uit die verlede


Home ] Familiewapen - Coat of Arms ] Boeke - Books ] Wie is ons? - Contact us ] Nuusbriewe - News letters ] [ Verhale uit die verlede ] Erfenis ] Sport held ]

 

Home
Familiewapen - Coat of Arms
Boeke - Books
Wie is ons? - Contact us
Nuusbriewe - News letters
Verhale uit die verlede
Erfenis
Sport held

 

Om ‘n van der Waltskoot te skiet

Die storie "om n' Van der Waltskoot te skiet" het in ons nuus brief van Maart 1997 verskyn. Dit gaan soos volg:

Wie het die leeu geskiet?

Die uitdrukking word gewoonlik foutief aan kommandant Tjaart van der Walt, wat n' leeu met so n' skoot sou

 geskiet het, gekoppel om na verder tot sy bekende dapperheid by te dra.

Dit is egter n' vergissing. Die uitdrukking het nie uit een van Tjaart se dapper dade ontstaan nie, maar wel uit

 die optrede van sy jonger broer se seun. Die broer, Johannes Petrus (9 jaar oud op die tydstip) het ten tye van

 die voorval in ongeveer 1802 op twee plase gewoon naamlik Wolwekop en Elandsfontein aan die Rooiberg aan

 die oostelike hange van die Renosterberg en suid van Middelburg. Presies waar die voorval met die leeu 

plaasgevind het, word nie in die bronne vermeld nie. Johannes Petrus het die verhaal met trots aan die goeweneur

 en sy geselskap drie jaar later vertel en sy littekens word ook aan hull gewys.

Die besoekers aan die plaas was die goeweneur Janssens se aide-de-camp, Paravicini di Capelli. Die goeweneur

 het in 1803 n' reis in die binneland onderneem en onder andere ook by Johannes Petrus aangedoen. Op Donderdag

 14 Julie 1803 bevind die geselskap hulle op die weg tussen Renosterberg en die Rooiberg en beskryf Di Capelli 

die omgewing redelik goed. Hy vertel onder andere van die plaas Driefonteine, waar Middelburg in 1852 uitgelê is,

 van Nicolaas van der Walt, die jongste broer van Tjaart. Dan kom hulle op Wolwekop by Johannes Petrus aan.

Op hierdie plaas bied Johannes Petrus dieselfde aand vir hulle n' braaivleis van gerookte elandribbetjie aan 

(klein Piet het ook die eland wat hulle geeet het, self geskiet), wat die reisigers volgens beskrywing baie geniet het. 

Na aanleiding van die eland wat klein Piet geskiet het, vertel Johannes Petrus (b5) vir hulle van sy dapper seun, wat

 toe 12 jaar oud was. Hy is Petrus Jacobus (b5c10), die jongste seun van Johannes Petrus. Hy is gebore op

 22.10.1792 en die dorp Petrusville is later uitgelê op sy plaas Renosterfontein, wat na hom vernoem is.

 

Ter wille van die outentisiteit stel ons Di Capelli self aan die woord:

"De gewoonten der landlieden in Zuid Afrika is vry algemeen om hunne kinders zoo dadelik zy op een paard 

kan zitten  kunnen, met zich op de jagt te voeren, om hun vroegtydig in deze voor hun voordeelige bezigheid te 

oeffenen.

 Op die verwondering die wy lieten blyken over de behendigheid van den jonge wildschut, zeyde ons de vader 

aan het kloek gedrag van deze zoon drie jaren oud zynde zyn leven verschuldigd te wezen. De oude man 

ontblote zyne linker dye en toonde ons een vreeslyk lidteken van de wond by die gelegenheid ontfangen, 

verhalende dat hy op een vroege morgen voor zonsopgang met deze zoon en een Hottentot ter jagt zullende ryden 

en elk een geweer by zich hebbende, zy het ongeluk hadden om na cica een goed uur gereden te hebben te stuiten

 voor een leeuwin dwars op de weg leggende te slapen, welke zy door de struyken niet ontdekt hadden.

Dit vreeslyk dier vloog aanstonds op, en deed een sprong na de oude Van der Walt met dat gevolg, dat het dier

 zyne linke klaauw in zyne dye en de regter in  de heup van het paard sloeg, waardoor het paard verschrickt op

 de loop toog, en daar door voor't ogenblik aan den leeuw belette toe te byten. Dejonge Van der Walt na een

 ogenblik beraad joeg met losse teugels zyn vader agter na, en haalde hem die het geluk had gehad zich op

 zyn paard te houden weldra in. De jonge springd van zyne paard af, loopt met zyn geweer op de leeuwin 

aangelegd toe, en toen hy op den afstand van een tien passen agter het paard van zyn vader genaderd was,

 geeft hy zoo gelukkig vuur op het monster, dat het zelve van de bil des vaders nederstorte en door een tweede

 schot van de Hottentot het weder opstaan wierd belet.

Zoo my iemand anders dan de oude Van der Walt (toe maar soewat 46 jaar oud, en dus  nie so oud nie - red.)

 met aantoning van het gruwelike lidteeken dit had verhaald, zoudt ik myn geloof hebben gesygerd; de 

Generaal vind de daad van dezen jongeling zoo uitermat schoon en stoutmoedig, dat hy hem een onzer beste

 jagtgeweeren ten geschenke gaf en hem de belofte deed van byzonder aan zyn braaf en kloeke handelwyze

 te zullen gedenken."